Van Castelnaudary naar Le Mas
d'Agenais
Canal du Midi, Canal Latéral à la Garonne, Baïse
1 augustus – 15 augustus 1998
In het Afrikaans...
Waar begin ’n mens orde skep in ’n hoof vol van eeu-oue kerke, kilometers
se kanaal vaar, velde vol sonneblomme, liters fantastiese franse wyn, snaakse
klein dorpies wat meeste van die tyd onbewoond lyk, winkels wat meeste van die
tyd gesluit is, dae vol ongelooflike stralende son, nagte van braai-vleis by
lantern-lig? As ek met my lysie aanhou, kom ek nooit by uit om heeltemal van die
vakansie te vertel nie!
Eerstens moet ek net sê dat Frankryk ’n wonderskone land is, nadat ons so
100 km uit Parys was (waar ek weereens die Eiffel toring kon sien, al was die
die keer vanuit die verte) jet die landskap opeens begin te verander na groen
heuwels en kilometers se uitgestrekte landerye, ek het heeltemal verlief geword
op Frankryk en ek sal ongetwyfeld weer daarheen wil gaan! Die eerste dag het ons
so 900km gery tot by Saint-Flour, ’n dorp wat heeltemal gebou is op Basalt
rots, so jy kyk inderdaad op na die dorp reg bo op ’n krans en wag half dat
dit daar gaan afval!
Die volgende oggend het ons vertrek, natuurlik eers nadat ons die plat wiel
verander het, wat natuurlik eers kon gebeur nadat ons ALLES wat op die spaarwiel
gepak was uitgepak het, ’n fantastiese manier om die dag te begin, versekerd!
Die tweede dag het ons eers ’n paar plekke besoek op ons weg na Castlenaudary,
waar ons die boot kry. Onder andere was Le George de la Truyere en dan Chateau d’Alleuze,
die ruïnes van n ou kasteel en dan die skattige dorpie Estaing waar mens soort
van verwag om Beauty and the Beast hand aan hand deur die strate te sien wandel!
Daarna voort na Castlenaudary waar ons eers stop vir inkopies en gou na die
sluise kyk waarvan ons ook op die reis sal moet doen, ek moet sê, dis nogal
iets skrikwekkends, so groot en soveel water, gelukking was die nie so erg om
daardeur te gaan nie! Na so klein tydjie se wag was ons boot gereed en voor ons
weet was ons besig om te vaar! Aangesien ek nog nooit myself eintlik op ’n
vaarboot bevind het nie en dan nog flitse kry toe ek as kind absolute angsgille
gegee het, was dit nogal ’n eienaardige gevoel om my twee voete so ver van
vaste aarde te bevind, maar ek was van die begin mal daaroor, dis so ’n
bevrydende gevoel om net te vaar en geen karre, huise of mense om jou te hê
wemel nie! Natuurlik het ons boot ’n merkwaardige zig-zag patroon aangeneem
die oomblik wat ek die stuur vir die eerste oorgeneem het; maar met ’n bietjie
oefening kon ek dit (soort van) reg kry.
Die eerste aand op ons boot het ons onself hart en siel oorgegee aan die
heerlike "oktober nag" rooi wyn en dan natuurlik Pastis – wat ’n
herrinering! Vanselfsprekend is Annemie se herrinnering van die nag veel langer
dan die van my en Wim, want ons kon ’n goeie nag se rus deurwerk – met veel
hulp van twee bogenoemde versnapperinge – maar sy het heel die nag wakker
gelê en luister na die pomp van die boot wat om die tien minute aanslaan.
Nee;dit klink seker na niks spesiaals, maar hou asb. in gedagte dat die pomp
alleen aanslaaan om water uit te pomp wat deur een of ander ongeöorloofde
manier (’n GAT) die boot binnestroom!
So begin ons tweede dag met twee kloppende en een slaap hoofjes! Meestal was
ons dae gevul met vaar, sluise doen, op die fietse klim om snaakse dorpies en
oue katedrale en kerkies te besoek. Wat veral veel gebeur het was dat ons vir
aandete almam klaarmaak en dan begin stap of fiets na die dorp wat volgens ons
(uiters betroubare enfeitgetroue) vaargids baie restaurante het en nie ver is
nie. Ja, so uur of wat later keer ons almal dan terug met steeds leë
trommeltjies wat gevul word met ravioli, salade au lardons en ander
lewensnoodsaaklikhede wat ons van skeepsbuik gered het.
Natuurlik is geen reis sonder ’n paar Murphy’s law evenemente nie en hier
volg kortliks ’n paar brokkies. Wat ek dink die wenner was, was die aand toe
Wim ewe wysneuserig aan my wil wys hoe maklik en moeiteloos hy die agterkant van
die boot kan intrek deur met sy voet daarop te trap, wat hy nie mee rekening
gehou het nie was die buikie vol franse wyn wat teen die tyd al in die koppie
was en PLONS daar val hy in die kanaal, ’n volslae treffer!
Ek moet seker nie te veel sê nie, want wie het al ooit 7 eiers in een keer
laat val? Ja, probeer julle maar melk uithaal in so klein yskassie! En dan was
daar die keer wat ek met soveel selfvertroue die piket uit die grond uit haal en
op die boot gooi, waar dit op die tou bons en……… in die kanaal val. Dan
was daar ook die keer wat Wim en ek die boot se stok, wat dien om ons van die
kant af te stoot op die wal vergeet het. En dan het Annemie, na ’n bedeltog
saam met Wim vir hout in ’n klein dorpie, in ’n ketting vasgery wat oor die
fietspad gespan was en halsoorkop geslaan!
’n Absolute afsitter was die een aand wat die boot se elektrisiteit
uitgeval het (weereens) a.g.v. ’n kortsluiting as jy die water uit die stort
laat wegloop, nou, dit beteken dat jy geen water kan kry en die ligte werk nie.
Eers dag ons, môre is dit tog reg, ons gaan eet maar rustig iets! Minwetende
van die nag wat op ons wag! Nadat ons almal ’n goeie uur of so se doe-does
deurgewerk het hoor Annemie Alexander huil, sy gaan kyk toe en opeens begin hy
op te gooi, sy tel hom op en dra hom na buite sodat hy ’n paar eende se ontbyt
kan besorg. Ek word wakker deur haar wat woes water uit die kanaal haal met die
emmer en nog deur die slaap aan my vra om te kom help. Ek gaan na agter waar
Alexander sit en soos ’n goeie au-pair sit ek troostend my arms om hom … en
al die opgooi wat hom na die hoender laat ruik wat hy vir aandete gehad het.
Annemie probeer toe die meeste van die boot en haarself met die kanaalwater
afwas tersyl ek ywerig die hoendersoppies van Alexander afkry met ’n bottel
Evian. Ja, mense, ek kry sommer my aptyt terug as ek aan die smaaklike aand
dink!
Dan het onse liewe Maarten ook wilde diaree aanvalle gekry so om die twee
dae! Wel, as mens die eerste geurtjie so deur die gang na jou ruik aangesweef
kom, dan weet jy al! Na so 5 minute gaan die badkamer deur oop en Maarten steek
sy koppie daaruit terwyl die geur jou absoluut na ’n gasmasker laat gryp! Dan
is die gelukkige pryswenner die een wat dan daarin moet gaan om te gaan skoon
maak, want, die toilet spoel met kanaalwater wat jy met ’n pomp ophaal en dan
trap jy op so quick-release button wat alles veilig in die kanaal deponeer –
oulike sisteem, behalwe dat as die boot vaar, spuit die water terug deur die
klep – en alles wat daar in sit – die res los ek oor aan julle verbeeldings!
Die kanaal is ook nou die trotse eienaar van ons wasgoedrak en ons bottel
olyfolie, "sponsored by Wim". Wat ook nogal ’n gebeurtenisvolle dag
was, was toe ons na die Walibi gaan en Alexander by die hek ’n papwiel kry.
Nou, die boot was 6 km weg en dit was so 42 grade! Ons besluit toe om maar ons
dag te geniet met al die waterrides en slides en al die rides uit die funpark
soos by die skou altyd is. Tyd om huis toe te gaan en Alexander sit agter by my
terwyl Wim sy fiets op sy skouer dra. Ons was nog nie eers een km weg toe ek ook
’n pap wiel kry! Toe stap Annemie met die stukkende fiets terug terwyl ek op
haar fiets ry met Alexander agter op, dit was nogal ’n dag ter dae!
Soos julle kan hoor, was dit nie somaar ’n gewone vakansie nie, en niks
doen en slaap was nooit deel van ons dag se beplanning nie. Iets wat ook baie
interessant was, was toe ons ’n plek besoek het wat Armagnac maak, dis byna
iets soos Cognac, maar 500 keer lekkerder! Iets wat Frankryk nie groot op is
nie, is museums, dit was die mees patetiese wat ek nog ooit besoek het! Wat meer
kan ek nog vertel? Al die oggende se ontbyte van Franse stokbrood op die boot of
soms buite onder die bome, die dae van vaar waar jy soms nie meer dan 3 bote
ontmoet en jy voel soos die enigste mense, swem in die rivier as die hitte te
erg word, aande is sjarmante restaurante of gesellig op die boot met alleen die
lig van ons lanterns te sie vir kilometers, dit was een van die beste ervarings
van my lewe en regtig te gou verby! Ek sal dit defnitief weer wil doen, dan sal
ek net eers versekering op die boot neem, aangsien ek so 2 krake in die van ons
veroorsaak het, maar soms was dit ’n bietjie moelik, hoor!
Die dag wat ons die boot terug gegee het, was ’n hartseer een vir ons
almal, maar by die sig van die huis van mnr en mev Luis (Poux) het ons al beter
begin voel, dit was die gastehuis waar ons oorgslaap het. Die aand het ons ’n
manjifieke aandete geniet in ’n restaurant met ’n uitsig op die Dourdogne
rivier en Wim het vir die nodige lawaai gesorg deur sy glas op die vloer te laat
val. Moet die vakansie op ’n hoë noot afsluit, nie waar?
Die laaste dag het ons die 1 000km na huis aangepak en ek kon dit reg kry om
maar net twee keer aan die slaap te raak!
Ons was almal bly om ons huis te sien en dan weet jy wat ooswes tuisbes
beteken.
|